Select Page

Welkom by

KINNERLAND NASORGSENTRUM

Waar ons Werk, Speel en Groei

AANSOEKVORMBENODIGDHEDELYS

Oor Ons

Kinnerland Nasorgsentrum maak voorsiening vir ongeveer 150 kinders per middag. Die nasorgsentrum word geakkomodeer in die klaskamers van Laerskool Goudkop.

Daar is ‘n spesifieke klaskamer vir elke graad vanaf graad RR tot graad 7 plus addisionele klasse waarvan sekere grade reeds vol is. Hulp word verleen met huiswerk en elke graad het ‘n afsonderlike Juffrou wat toesig hou.

Die speelarea het 2 sandpitte, verskeie swaaie en drie verskillende klimrame. Die graad RR en R leerders speel in ‘n afgebakende gebied met hul eie sandpit en klimraam.

Die nasorgsentrum verskaf water en koeldrank vanaf 14:15 tot 17:00. Op Maandae en Donderdae word koekies om 17:00 uitgedeel. Die nasorgleerders het ‘n keuse van ‘n ligte middagete of nie.

Indien u kind by ons eet, word die kos om 13:40 uitgedeel. Leerders wat nie by ons eet nie moet hul eie kospakkie voorsien.

Nasorgtye is daagliks van 13:30 tot 17:30

Kontak Besonderhede:

Suzette Koen 083 452 4262

e-pos: sbkoen63@gmail.com

Wat ons bied

Kinnerland Nasorg:

  • Bekostigbare tariewe
  • Keuse van ‘n ligte middagete of nie
  • Betroubare toesig
  • Vasgestelde studietye
  • Verleen hulp met huiswerk

Die volgende aktiwiteite is beskikbaar teen ‘n addisionele koste:

 

  • RiNico Computerkids – Annelie Smit Meyer Tel:  084 259 8454
  • Krieket Akademie- Piet White-Tel: 079 965 0369

Huiswerk

 

Graad 1 tot graad 3 se huiswerk word individueel gemerk en elke leerder lees ook individueel. Kinnerland Nasorgsentrum is slegs verantwoordelik vir die huiswerk soos op die voorgeskrewe huiswerkblaai. Geen toesprake, take of remidiërende werk word gedoen nie. Huiswerk is en bly die ouers se verantwoordelikheid asook die inoefen van sekere werk.

 

Graad 4 tot graad 7 leerders behoort alleen met toesig op hul eie te kan werk. Graad 4 tot graad 7 leerders ontvang nie ‘n huiswerk blaai nie maar moet dit self afskryf in elke klas. Onvoltooide klaswerk word huiswerk!

Suzette Koen

2025 Ons Fooie- Per maand

AANTAL DAE pw MET ETE SONDER ETE
4 Dae R780 pm R520 pm
5 Dae R840 pm R575 pm

Kinner Land

LEERDERS GR RR - 7

Ouderdomme

Klimrame & Swaaie

FASILITEERDERS

Kom loer graag in

Plek: Goudkop Laerskool, Flora Ave

Maandag tot Vrydag

NA SKOOL- Tye: 13:30 tot 17:30

NASORGBELEID

 

KINNERLAND NASORGBELEID

Baie welkom as ouer/voog en leerder/s van die Kinnerland Nasorg.  U as ouer/voog het dus nog ‘n opvoedingsvennoot bygekry.  Mag hierdie vennootskap tot groot seën wees vir ons kinders.

 

  1. TOELATING

1.1       Voornemende leerders se ouers voltooi eenmalig ‘n aansoekvorm asook ‘n onderneming dat        gelde stiptelik betaal sal word.

1.2       Slegs ‘n ingeskrewe Laerskool Goudkop, graad RR, graad R en leerders in grade 1 – 7 kan   toegelaat word. (ouderdom 5 tot 13).

1.3      Ouers moet hulle by toelating vergewis van die reëlings rakende finansiële verpligtinge, reëls, ens.

  1. TYE

2.1      Die nasorgsentrum funksioneer daagliks vanaf 13:30 – 17:30.

2.2       Die  nasorgsentrum is oop gedurende skoolvakansies behalwe Desember maand. Die nasorgsentrum sluit op 30 November elke jaar en heropen weer in Januarie (Indien aanvraag dit regverdig sal die nasorgsentrum oop wees teen addisionele koste).

2.3      Die nasorgsentrum is gesluit op Openbare- en skoolvakansiedae.

  1. VERVERSINGS

‘n Ligte middagete sal bestaan uit (etes kan daagliks/weekliks roteer) bv.

 

  • Maandag: Hotdog met tamatiesous /sonder
  • Dinsdag: Rondebroodjie met ham en kaas
  • Woensdag: Vetkoek met maalvleis/kaas/skoon vetkoek
  • Donderdag: Hotdog / “cheese griller”
  • Vrydag: Rondebroodjie met ham en kaas
  • Maandae en Donderdae: sal daar nog  ‘n verversing wees-koekies
  • Daar sal ook ‘n snoepie beskikbaar wees vir die leerders.
  • Ouers is welkom om ekstra verversings in te pak.
  • Daar sal koeldrank en water beskikbaar wees vanaf 14:30
  1. STUDIETYE & REëLS

Leerders is onderworpe aan vasgestelde studietye (14:00 – 16:00 indien nodig tot 16:30) en dit word van hulle verwag om dit na te kom tensy dit bots met buitemuurse verpligtinge.  U moet verstaan dat alhoewel  ons ons bes doen dit, as gevolg van die groot getal leerders, soms baie moeilik is om die nodige individuele aandag te gee. Daar moet verstaan word dat die nasorg en die betrokkenheid van die personeel met die leerders se huiswerk nie as ekstraklasse of `n akademiese afrondingssentrum vir die leerders sal dien nie.

Dit beteken egter ook baie vir die leerders as hulle ouers by hulle tuiswerk betrokke is.   Dit is leerders se plig om, na ander verpligtinge, voort te gaan met tuiswerk indien dit nog nie voltooi is nie.  Ouers moet tuis asseblief die kontrole doen en die huiswerkboekies teken.

Leerders moet ‘n rooster van hul buitemuurse aktiwiteite by die nasorg indien.

  1. AFHAAL VAN LEERDERS

5.1          Nasorgleerders mag onder geen omstandighede buite die skool se hekke of buite die nasorg-area vir ouers wag nie.  ‘n Getoet by die hekkie word glad nie aanvaar nie.

5.2          Dit word van ouers verwag om die leerders by die skuifhek af te haal – graad RR – graad 3

5.3          Indien ‘n leerder deur iemand anders gehaal word, moet die nasorgsentrum vooraf daarvan skriftelik/telefonies in kennis gestel word (Tel. nr: 083 452 4262).

5.4          Die nasorg aanvaar geen verantwoordelikheid indien ‘n ouer nie hierdie stipulasie nakom nie.

5.5          Die nasorg sluit 17H30 elke dag.  Die personeel sal die persele verlaat waarna daar geen toesig oor die leerders sal wees nie.  Ouers moet toesien dat hul kinders stiptelik afgehaal word.

5.6          Leerders mag nie ná 17H30 afgehaal word nie. Indien u later as 17:30 opdaag, is daar ‘n boete van R50.00 per kwartier of gedeelte daarvan.

  1. ONTSPANNING EN VERMAAK

Daar sal deur die personeel gepoog word om so na as moontlik aan ‘n huislike atmosfeer te skep.

 

  1. ALGEMENE REËLS / ORDE MAATREëLS

7.1       Die nasorgprogram word so beplan dat ALLE leerders te alle tye onder die toesig van ‘n verantwoordelike volwassene is.

7.2       13:30 – Nasorg open: alle leerders meld aan by klasse.

7.3       13:30- 14:00 – Leerders kan eet, drink, verklee en snoepie koop.

7.4       Alle nasorgleerders moet ekstra speelklere saambring. Skoolklere moet netjies in ‘n drasak gebêre word. Kledingstukke en ander kosbare artikels (sporttoerusting, ens.) MOET asseblief duidelik gemerk wees.

7.5       14:15 – 16:00 Huiswerk- en studietyd vir leerders. Kleiner kinders kan rustig verkeer met legkaarte ens.

7.6          Alle klagtes, vrae, ensovoorts word met die hoof van die nasorg bespreek.

7.7        In gevalle waar die ouer nie die kind vergesel nie, mag geen nasorgleerder die terrein verlaat sonder skriftelike toestemming van die ouer nie.

7.8       Geen nasorgleerder mag die skoolterrein verlaat om bv. kafee toe te gaan nie.

7.9          Die gedragskode van Laerskool Goudkop is ook van toepassing op die toesighouers en leerders van die nasorg.

7.10       Die nasorghoof behou die reg voor om, ‘n leerder wat hom/haar aan herhaaldelike dissiplinêre oortredings skuldig maak, se nasorg te staak.